Stonewall Inn

Die Stonewall Inn in 2012; die gebou regs was in 1969 deel van die eiendom.

Die Stonewall Inn, dikwels net Stonewall genoem, is ’n gay kroeg in die buurt Greenwich Village van Manhattan, New York. Dit was in 1969 die terrein van die Stonewall-onluste, wat algemeen beskou word as die belangrikste enkele gebeurtenis wat in Amerika en die wêreld tot die gaybevrydingsbeweging en die moderne stryd om LGBT-regte gelei het.[1]

Die oorspronklike kroeg, wat in 1969 gesluit het, was te Christopherstraat 51 tot 53 geleë.[2] Die Stonewall het in 1972 onder dieselfde bestuur te 22ste Straat 211 in Miami Beach heropen, maar het twee jaar later afgebrand.[3][4] In 1990 het ’n kroeg as "Stonewall" geopen in die westelike helfte van die oorspronklike gebou in Manhattan (Christopherstraat 53). Die gebied daaromheen is in 1969 verklaar tot die Greenwich Village- historiese distrik en die gebou self is in 2000 verklaar tot ’n nasionale historiese landmerk.

Op 24 Junie 2016 is die Stonewall- nasionale monument afgekondig, die eerste sodanige monument wat aan die LGBT-gemeenskap gewy is.[5]

  1. National Park Service (2008). "Workforce Diversity: The Stonewall Inn, National Historic Landmark National Register Number: 99000562" (in Engels). US Department of Interior. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 30 Desember 2008.
  2. "The Stonewall Inn on Christopher Street, interactive Google Street View image and map". Geographic.org/streetview. Besoek op 27 Junie 2016.
  3. Artikel Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine deur Sandra Hernandez in die Sun-Sentinel 2004-06-21
  4. Artikel deur Jim Burroway in Box Turtle Bulletin 2015-07-02
  5. Eli Rosenberg (24 Junie 2016). "Stonewall Inn Named National Monument, a First for the Gay Rights Movement". The New York Times. Besoek op 24 Junie 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search